Ekonomiese 2020? Is die mooi prentjie van 2020 ‘n werklikheid of wensdenkery? Kom ons kyk net waar is ons vandag.
Kyk die video onderaan dan sal jy besef jou ekonomie 2020 en daarna se enigste hoop is die Hartland plan. Gaan bestudeer dit NOU
Die regering se begroting is in ‘n tekort. Dit beteken die regering moet geld leen en moet reeds meer as 100 miljard Rand aan rente betaal. Dan ook beteken dit dat die staat net uitgawes kan besnoei en nie meer bydra tot ekonomiese groei nie. Die staat moet sy bedrog inperk en sy gulsige werkers/lede se inkomste beperk. Hier is dus niks positief.
Dan het ons landbou se uitvoere met 187% toegeneem oor die laaste 12 jaar. Goed of hoe? Ja, maar die invoere het oor dieselfde tyd met 1600% toegeneem. Ons het ‘n handels tekort wat wissel maar so rofweg 20 Miljard per maand of dan 5 tot 6%. Dit het veroorsaak dat die Rand met meer as 20% gedaal het oor die laaste 10 jaar.
Volgens ander se mening is alles oppad na gemors status.
Beleggers verlaat Suid Afrika en onttrek hulle Dollers. Dit word verder benadeel deur veral ons arbeid, diefstal, bedrog en BEE.
Toe “fire” die ou President nog die minister van finansies omdat hy nie wil saam ste… nie. Of dit nou stem of steel is weet ons nie.
Daarna kry ons ‘n nuwe President wat grond grype of diefstal van sy party wil goed praat. Tiepies politisie. Praat een ding en doen agter die skerms ‘n ander ding. Gaan beleggers werklik hulle laat vang?
VSA praat reeds van onttrekking van subsidie van so R4 miljard, ophef van AGOA en dan sanksies. Australia gaan wit Boere se visas bevorder. Europa sit met verkykers en kyk wat aangaan. Gaan die President se tower staffie beleggers laat toeneem terwyl wittes in SA besteel, vermoor en verneder word?
Ekonomie is pap en regering bangkrot
Kom ons kyk waar is die verbruiker. Die spandeerbare geld het met 2,5% gedaal. Ons moet inflasie in gedagte hou en so het die BBP gedaal as negatief in die uitvoermark. Die “bottom line” soos die engelse woorde dit beskryf, Suid Afrika se 2020 lyk sleg.
Kom ons sit nou ons 10 jaar bril op. Wat gaan gebeur dat die ekonomie verbeter? Wat is hier wat anders gaan wees? Wat is dus positief vir die volgende 10 jaar?
Dit is maklik om ‘n stelling te maak soos dat die diefstal moet van bo af uitgeroei word. Gaan dit gebeur? Jy sien omkopery, bedrog, korrupsie is so ingewortel dat die staat wat self korrup is beheer verloor het. So die vraag is nie wat gedoen moet word nie, maar wat moontlik is in ons bestaande bestel.
Gaan die polisie wat so 3 tot 4 % effektief is ‘n verandering maak. Selfs met reserviste waar ons nog 2 of 3 % kan byvoeg sit jy met soveel ingeweefde korrupsie dat dit weinig bydra tot ekonomiese ontwikkeling.
Gaan jy bo begin om bedrog en korrupsie uit te roei? Jy kan dit self antwoord. Dan is daar werkskepping. Eers was dit 5 miloen en tans 6 miljoen. As die 5 miljoen nie waar geword het nie waar dink jy gaan die 6 miljoen werkgeleenthede vandaan kom? 2020 is dus niks anders as beloftes.
WERKLOOSHEID groei na 40 miljoen.
Daar is tans 16 miljoen volgens ANC statistiek werkloos. Voeg nou by die wat op skool is, die voor skool en die wat tans gebore word. Dan kry ons 25 miljoen plus die tans 16 miljoen is dus R41 miljoen. Waar gaan hulle werk kry?
Nou in 2020 en daarna gaan elke jaar miljoene meer werkloos wees.
Maar is daar dan nou niks positief? Daar is. Jy sien dit is egter net vir die wat produkte kan uitvoer. Al is jy nie direk betrokke by uitvoere kan jy ook indirek baatvind.
Ons moet kyk na die groot prentjie. As jy kan ontwikkel in uitvoere is jou inkomste in Dollar. Daarmee kan jy koop wat jy wil. As jy jou arbeid kan verander van stakers na produktiwiteit is jy die wenner op alle tereine. Al hoe jy dit egter kan doen is die ontwikkeling van entrepreneurs.
Ons het dus hier ‘n benadering wat getref moet word vir sukses. Eerstens werk vir jouself maar ook saam met ander in ‘n groeps verband. Dan moet die groot maatskappye ook die beleid ondersteun. Kom ek noem eerder ‘n voorbeeld dat ons nie te veel filosofeer nie.
Die groot fabriek benodig onderdele. Die groot fabriek moet dit nie self vervaardig nie want arbeid-onrus is dan sy voorland. So die groot fabriek kry ‘n kleiner fabriek om die spesifieke komponent te vervaardig. Dan weer kry die kleiner fabriek entrepreneurs om die komponente se onderdele te vervaardig. Omdat die entrepreneur vir homself werk het hy nie arbeid probleme nie.
Ekonomiese 2020?
Kom ons vat saam oor die ekonomiese 2020. Groot organisasies het groot probleme met arbeid. Klein organisasies het nie die potensiaal om uit te voer nie. Jy het dus die samesmelting van klein produsente nodig in een liggaam. Die liggaam het geen werkers net bestuurders. Geld vloei in na die liggaam volgens die uitvoer en verkope. Die liggaam betaal volgens produksie aan elke verskaffer.
Ek sluit af. Dit mag ingewikkeld klink maar dit behels bloot samewerking tussen produsente. Dit verwyder die arbeid probleme. Dit verwyder die mag van vakbonde. Dit werk korrupsie en diefstal teen. Bring Dollers in en laat jou eie ekonomie ontwikkel saam met die omgewing om jou. Daar is dan ook geld vir beskerming en ontwikkeling.
Dit is al hoe jy afhanklikheid van ‘n korrupte staat kan neutraliseer. Bou jou eie ekonomiese 2020 met uitvoere as die oogmerk. Voorspoed!
Die plan is vandag die een woord, HARTLAND.Gaan lees meer hier:
Dis 2020 en almal het Suid Afrika afgegradeer na gemors status. Doen die moeite en gaan kyk na die video:
https://youtu.be/xXaUZSbIjPw
Lees meer oor ons landbou hier: Stigting se Landbou blad
Goeiedag. Iemand het ‘n snapshot vanaf jul webwerf gestuur re werk soekers. Dat ek naam, kontakinfo en ervaring moet gee. WAAR kan ek dit doen, as jul my asb kan verwys na die regte plek.
Ek kan my en my man se CV ook verskaf. Ons besigheid het gevou agv covid en geen hulp van regering.
Elsabe, gaan na https://ss.stigting.co.za