Siener van Rensburg Voorspellings

Siener van Rensburg voorspellings

Op hierdie blad kan jy die verwysings kry oor die Siener van Rensburg voorspellings wat reeds gedoen is oor die merkwaardige Siener van Rensburg of Boodskapper van God. Ons het meeste van die sake uitgesny wat niks oor die nabye toekoms of ons volk te doen het nie. Ons poog met die werk om die basiese realiteit op ‘n praktiese en uitvoerbare metode daar te stel.

Ons distansieer ons ook oor lawwe stellings soos dat die “Boere” weer oor SA sal regeer of enige vorm van geweld, bomplanters of enige aksie om regerings om ver te werp. ‘n Baie goeie siening word onder die Bloedvlag gegee oor wat die betekenis rakende geweld is.

Die Siener van Rensburg voorspellings word belangrik ge-ag omrede ons geen beplanning wil doen wat teenstrydig is met Siener van Rensburg voorspellings en dus God se wil nie. Ek sal ook my geld in iets wil plaas wat ek weet veilig en winsgewend vir die toekoms sal wees. Wat van jou? 

Siener van Rensburg voorspellings

Skakels na Siener van Rensburg voorspellings:

Siener van Rensburg voorspellings maar hoekom?  Hoekom voorspellings?

https://nuus.stigting.co.za/siener-voorspel/

 

Vir wanneer en hoe het Siener van Rensburg voorspel?

https://nuus.stigting.co.za/siener-boere-toekoms

 

Siener voorspel dat Boere weer oor hulleself sal regeer en nie oor Suid Afrika

nie.https://nuus.stigting.co.za/siener-van-rensburg-voorspel-vir-boere/

 

Siener se voorspellings: stakings, moord, diefstal, dus die sleg voor die goeie sal begin. Wat is die goeie?

https://nuus.stigting.co.za/

 

 

Die bloedvlag is voorspel, wat beteken dit? hierdie is ‘n moet lees vir elke Afrikaner.

https://nuus.stigting.co.za/die-bloedvlag-siener-voorspellings/

 

Die Beloofde land, waar en hoekom juis daar? gaan lees hier oor die tiepe van Siener van Rensburg voorspellings.

https://nuus.stigting.co.za/beloofde-land/

 

Jy kan hier aansluit by die SAAI Stigting. Dit is gratis en daar rus geen verpligting op jou nie. Gaan lees gerus meer daaroor;

https://affiliatebank.net/afr

 

 

 

7 Antwoorde op “Siener van Rensburg Voorspellings”

  1. Ek dink ek het n’ boodskap gekry van God af ,maar ek kan nie heeltemal seker wees nie, want ek is net n’ gewone meisie nie n’ gesiende persoon in die gemeentskap nie. Ek kry die afgelope 8 jaar verskillende boodskappe aangaande die oordeelsdag en satan ens ,maar die laaste droom het ek gekry 8 oktober. Dit is die eerste keer wat ek die haastigheid van Liewe Jesus kon voel. Hy het my gebruik om iets vir hom tedoen in die droom. Soos ek se ek weet nie is die drome dalk net dat ek n’ reik verbeelding meskien het nie, maar die een volg altyd op op die ander een.

    Ek het ge le in die heelal op my rug so asof ek op gras le en op kyk na die hemel, maar daar was niks onder my nie. Ek was grootter as die planete. reg bo kant my het daar 8 planete om mekaar gewentel en toe langs mekaar gaan le in groepies van 4 … so daar was toe twee pare van 4 langs mekaar, maar dit was toe ieweskielik nie meer planete nie, maar mane. Elke maan het toe gebreek in kwarte,maar nie soos mooi ewe groot kwarte nie die lyne wat getrek was ,was ook, maar krom. Daar was toe opdrag aan my gegee om my vinger op een van die kwarte teplaas. toe ek dit doen toe val die kwart neer met n’ slag, maar net soos wat ek aan die kwart geraak het het dit sy lig heeltemal verloor en lyk toe kompleet soos n’ gewone koppie klip wat jy op die koppies kry. Dit het neer geval op my bors met n’ dooie gewig. ek le toe ieweskielik weer op n’ oop stuk veld op n’ koppie waar een van daai ou hardboard tasse bo op die koppie gesien kan word, die val toe ook af bo op my en so met die val het die tas oopgegaan en binne in die tas was my fossiel met n’ datum opgemerk , al gedeelte van die datum wat ek kan onthou was 2011,maar 2011 beteken nie vir my spesifiek iets nie, ek het daai jaar net ge matrikuleer. Ek weet erens in die bybel staan daar n’ gedeelte van naby die eind tye sal die maan nie meer al sy lig gee nie en hoe ek weet dit is godsdienstig is omdat in Augustus maand erens het ek ook ge droom oor die 8 mane, ek was op die stoep van die huis waarin ek groot geword het op De Aar en soos ek in die lig kyk is daar n’ duk wolk en dis n’ gewone sonnige dag.Toe begin dit blitz terwyl dit daglig is. Elke keer wat dit blitz kan ek die 8 mane sien weereens in groepies van 4 met n’ kruis onder aan,maar sodra die blitz verby is sien ek weer die wolk. ek moes n’ paar keer wag tot dit weer blitz om seker temaak ek weet wat ek sien, want as dit blitz is dit mos vinnig.

    so bevind ek myself ieweskileik voor n’ groot berg wat lyk assof dit van charcoal gemaak is, as jy jou hande teen dit sit dan is dit swart.daar was opdrag gegee dat ons almal moet klim , maar jy mag nie terugkyk en die mense om jou help wat wil val nie, jy moet sorg vir jouself anders gaan jy ook val ,want die tyd is tekort. Soos wat ons klim het die berg al hoe warmer geraak wat gemaak het dat die mense om jou begin val.Toe ek die bo kant van die berg bereik was daar n’ boot wat gewag het vir ons almal.
    Ek dink dit beklemtoon hoe naby die tyd is en dat jy nie meer kan wag nie. n’ Ark was gemaak vir Noag hulle om hulle te red amper dieselfde as die boot wat vir ons gewag het. Die droom met die mane met die kwarte is ek nie seker wat dit beteken nie ,maar die hele vibe wat ek gekry het was haastigheid, kwaadheid en ongeduldigheid. Ek dink liewe Jesus wil nie meer wag nie.Ek het baie ander drome al gekry rakende die duiwel en wat gebeur as jy dood gaan (volgens wat vir my gewys was gaan jy ook nie dadelik hemel toe nie) dit is n’ droom op sy eie, maar soos ek se ek weet nie regtig of dit enige iets van belang is nie, want ek is nie iemand wat ooit regtig kerk toe gaan nie. Ek glo in die Here en ek bid elke dag , maar ekt drome gehad wat ek kan onthou soos n’ storie , my normale drome vergeet ek die volgende dag al,maar nie dit nie. Die dinge wat nou om ons aangaan is nie lekker nie en baie duister dinge gaan nou gebeur, maar ek dink ons moet nie worry nie. Dit moet gebeur , want dit staan in die bybel dat die dinge moet gebeur. Liewe Jesus is sterk oppad ons moet gereed wees vir hom en nie vir wat wereldliks aan die kom is nie. In my droom het ek Jesus gesien van glas trappies afkom van die wolke af, my oe het sy oe vir n’ split sekond gevang. Ek kon hom nie in die oe kyk nie,nie dat ek nie wou nie, ek kon net nie ek kan dit nie beskryf nie. hy het bruin hare ,die lengte van die hare is ongeveer erens tussen sy nek en skouers en hy het oranja oe … amper soos die oranja roes wat jy kry op n’ geroeste pyp .en hy dra nie skoene nie. Hy was kaalvoet. en hy het n’ blas vel.Wens ek kon julle meer vertel van die res , maar my laptop se batery is pap. Ek het geen bewyse dat die dinge iets beteken nie, maar dis baie vreemd en het baie detail.jammer vir die mense wat dalk dink ek is van my kop af ek self weet nie eers wat om tedink van dit nie.net gedink ek deel dit vir as daar iemand is wat soortgelyke ervarings al gehad het.

  2. 2011 het ek gedroom van die droogte.

    Dit speel af agter Paarlberg.
    Die grond is so droog daar is nie eers n grashalmpie nie.

    Toe staan n vrou met n baba op haar linker arm. Sy draai kraan oop.
    Nie n druppel kom uit nie.
    Toe is daar 2de wêreldoorlog lugafweer kanon in my droom.
    N mostert kleur.

    Winter 2016 breek droogte aan.

    Okt 2016 staan ek voor die Strooidakkerk in Paarl.
    Ek ervaar toe dit is n 5j droogte.
    Twee tannies en oom van Switzerland besoek ons kerk Des 2016. Die een tannie het presies selfde ervaar.

    Twee keer in 2017 neen Vader my na JONA.
    Ons mense in SA moet ons bekeer.

    Ons is nie op die regte plek nie!

    Na my droom kry ek weer n droom.
    Daar hang n rooi gloed bo kant Koeberg.

    Toe droom ek ek kyk na Suide
    De Soete Inval
    Woonbuurt langs die N1 in Paarl

    Daar staan n massiewe groot rigting bord wat wys na Wes. Kaapstad.
    Op die bord staan
    COLD in hoofletters

    Die O lyk soos n planeet

    Die een helfte is blou water
    Die ander helfte is spierwit ys

    ALBEI KERE IN MY DROME STAAN EK OP SELFDE PLEK

    DROOGTE AGTER PAARLBERG EN KOEBERG LÊ IN DIESELFDE RIGTING

    Dankie. Dat ek dit kan deel

    Groete

  3. Anneri jy is nie van jou kop af nie.

    God gebruik juis ons gewone mense.

    Kyk mooi wie was die Dissipels wat Jesus geroep het.

    Shalom

  4. Ek wil graag my voorspellings met julle deel. Ek is met die helm gebore en het van kleinsaf geweet wat gaan in die toekoms gebeur.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui