Man in bruin klere

Man in bruin klere

Man in Bruin klere.
Dit is stil in die agtermiddag son. Siener stap na die klip koppie agter die huis. Met ‘n klip vir ‘n kussing ontspan hy deur die middag amper soos ‘n middag slapie. Hy slaap egter nie, maar sy gedagtes dwaal deur die toekoms en dan sien hy dit…

minister grobler bruin

Duidelik is die beeld in sy kop as hy die man sien. Hy lyk soos die minister van lande. Maar wat beteken dit? Wie is dit? Wat soek die man? Hy sien dan die volgende…

Dan verander die man se klere. Alles bruin. Dan weer anders, maar nog bruin. Hy sien dit is nou ‘n soldaat. Is hy van ons kommando? Dan weer in ander klere maar ook nogsteeds bruin. Wat beteken dit?

Die man Boer.

Hy jaag beeste aan. Dan is hy tog geleerd. Slim man. Hy is een van ons. Hy is ‘n soldaat maar tog ‘n egte Boer. Dankie tog dit is nie ‘n hans kakie nie, nie ‘n joiner nie.

Siener sien maar verstaan nie. Hy sien ‘n man, slim, egte Boer, bruin klere maar dit beteken dan nog niks. Wat kan dit wees?

Siener kry die gevoel van eerlikheid, opregtheid en dan kom dit stadig deur. Godsdienstig. Ja, dit is wat dit is. Iemand van God. God gaan die man stuur. Om te wat? Wat moet hy doen? Wie is dit?

Nou het Siener meer vrae as antwoorde. Siener weet daar gaan weer ‘n nuwe Boere President wees maar dit is beslis nie die man nie. Die nuwe President gaan nog jonk wees met helder oe. Siener sien dat sy volk gaan leierloos wees. So geen President, geen leier.

Dan sien Siener sy Boere volk het uitmekaar gespat en leef ver van God

Nou kom hulle nader aanmekaar, dien meer en meer weer vir God, maar nogsteeds leierloos. Sy mense sien geen toekoms. Geen lig en net wanhoop met geen vertroue in niemand.

Skielik ruk Siener se lyf. Sy volk ruk op. Na oorlog? Nee, na vrede, voorspoed, geluk.
Siener ken sy Bybel en dit is of hy sy beloofde land kan sien. Kan voel. Maar is hy dan nie in sy beloofde land nie? Nee. Daar is iets anders maar nogsteeeds weet Siener nie wat gaan gebeur nie.

Hy weet nou dit gaan oor ‘n land. Hy sien die land. ‘n Stuk van die Transvaal en Vrystaat gaan voor hom verby soos twee snye brood. Dan sien hy weer die bruin man. Tog eg Boer. “Van my eie volk?”

Siener sien nou die man in ‘n Bruin kleed. “Is hy dan nou dood? Nee, nee kyk my volk volg hom, maar hy lei die volk na vrede. Vrede in ‘n nuwe land sonder skuld. Hy sien die man se hart is bruin maar die bruin lyk soos die kleur van omgeploegde grond. Ook die kleur van koring en mielies in die winter. Die oes is mooi en goed.

Bruin mielies

Fees

En dan, en dan lag die volk. Kyk hulle vier fees. Hulle is bly. Kyk net hoe lag hulle en hulle is vrolik.

Hulle dien God. Hulle vier fees by ‘n koppie. Amper soos die koppie waarop ek nou op rus. ‘n Christelike fees. Dit is wat dit is. ‘n Christelike fees in ‘n vry land. Heuning op brood gesmeer. Dit is ‘n goeie teken van voorspoed. Kyk daar. Daar kom die nuwe Boere President nou. Kyk ook die ander volke in die nuwe land fier saam fees en almal is nou gelukkig.

Dit moet geskryf word sodat my volk kan sien dat ek dit alles gesien het. Meer as ‘n eeu die toekoms in. Dit is wat ek sien wat gaan gebeur.”

Siener glimlag en is gelukkig. Die man in bruin is eg en lei sy volk na die beloofde land. Ons eie land. Sonder rasse haat en sonder skuld. ‘n Land van Christelike vreugde.

[Hierdie is ‘n voorstelling saamgevoeg uit verskillende werk oor Siener van Rensburg se voorspellings. Dit vorm die samesmelting van wat in visioene gesien is oor die volk en die man in bruin oor die tydperk 2014 tot 2024 en daarna.]

Mense wat hulle vereenselwig met die Gelofte volk mag deel word van die SAAI Stigting. Gaan hiernatoe om gratis aan te sluit. https://affiliatebank.net/afr

 

2 Antwoorde op “Man in bruin klere”

  1. Dankie vir die skryf werk. ek is opsoen na oom siener se visioen oor die skaapmis asb.
    Mathilda, ons kan ongelukkig nie daarmee help nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui