Ontwikkeling streek se landbou

Om meer spesifiek te wees oor die Landbou se ontwikkeling het ons dit in ‘n afsonderlike webblad geplaas. https://landbou.stigting.co.za Dit gee meer inligting per streek en Boere word genooi om kommentaar by te voeg en saam te praat oor die ontwikkeling streek.

landbou in die ontwikkeling streek

Al is die grense nog nie duidelik en weet almal nou nie verseker of hulle in- of uitgesluit gaan word nie. Dit gee egter ‘n goeie aanduiding van die streek.

Die streek se ontwikkeling is van 2014 tot 2024 en ons het ‘n sterk vermoede dat min van die bestaande regering verwag moet word. As jy iets soos droogtehulp kan kry, vat dit. Ons glo egter dat ons op eie stoom sal moet groei.

Landbou

Daar word droogte voorspel en ons moet die beste daarvan maak. Ons moet egter die kern nie vergeet nie. Daar is ongekende voorspoed voorspel na die droogte. Ons moet  die werkers sny en so ook die kostes om die droogte te oorleef.

Wat gaan verskil van die SA Landbou en die ontwikkeling streek se landbou?

Uiteenlopend is die beste beskrywing. Tydens die ontwikkeling sal die Landbou of Boere op eie stoom moet oorleef. Droogte hulp is dalk die enigste hulp. Soos wat ons vorder sal die ontwikkeling streek egter meer en meer hulp ontvang.

Die hulp is veral in die vorm van bemarking en uitvoer ondersteuning. Dit is die belangrikste items waaraan die indiwidu nie veel kan doen nie. Boere vereenigings, sakekamers en landbou organisasies sal ‘n beduidende rol speel oor die “WAT” gedoen moet word.

Landbou gaan blom

Dan is daar spesifieke items soos brand bestryding en diefstal voorkoming wat drastiese hulp sal kry.

Kennis is iets waarmee ons Boere sal groei maar laat ons net besef ons het die beste Boere in die WERELD. Hulle moet net effektief ondersteun word. Ons het ook die beste stelsels. Dit moet net reg toegepas word. Dis al.

Tot die ongekende voorspoed ons tref.

Groetnis.

God het ‘n doel met alles en ons moet op Hom vertrou. Gaan lees hier meer oor die boere funksies; https://landbou.stigting.co.za

Een antwoord op “Ontwikkeling streek se landbou”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui