Siener van Rensburg 2021
Die Boere trek hul hoed laag op die oog. Dit gaan sleg maar tog is daar hoop. Siener sien die jaar 2021 maar die bitter, die plaas moorde. Siener se volk is teen die toue.
Hulle word sommer op straat geskiet net omdat hulle “te wit” is. Daar is altyd die wat stellings maak dat dit nooit sal gebeur nie. Vandag gebeur dit elke week, elke maand, elke jaar.
Dan is daar die wat weer die doem profeet is. Sleg, slegter, slegste. “Dit kan en sal nooit werk nie” Jy dink aan Israel wat moes trek uit Egipte. Die vyand wou dit nie toelaat nie maar ook die negatiewe mense wou maar eerder slawe bly. Siener noem hulle die Hans Kakies.
God red altyd
Soos God die Israeliete gered het uit Egipte so sal God ook sy volk red in Suidelike Afrika. Jy moenie probeer slim-Jan wees nie. Jy moenie probeer oorlog maak nie. Jy moet net God ons Hemelse Vader toelaat om jou te lei.
Toe die volk getrek het uit die Kaap het sommiges noord getrek. Ander oos. Ander soos Piet Retief is vermoor. Ander het gevlug na die weste. Maar God het die oorwinning by Bloedrivier gegee.
Bloedrivier het die volk saam en bymekaar gebring. ‘n Nuwe volk is gebore en toe gee God die oorwinning. God het sy volk gered. So sal God ook vanaf 2021 begin om sy volk te red. Sy volk in Suidelike Afrika.
Siener van Rensburg 2021 sien die tragiese gebeure van plaas moorde. Siener van Rensburg 2021 sien hoe dat sy mense so vinnig uit Johannesburg moes vlug, hulle kon nie eers die vensters toemaak nie. Want Siener sien nog hoe die gordyne buite in die wind waai.
Dit is duidelik…
Siener sien dit gaan swaar met sy volk. Siener sien moorde. Ontevrede Boere. Bitter hartseer moorde. Siektes. verdrukking. Armoede.
As dit sleg gaan met die volk dan is God sterk. Dan wys God sy krag. Dan lei God sy volk. Na die land van “melk en heuning.”
Ons weet vandag reeds dat die Jode bly reg oor die wereld. Maar hulle het ‘n Vaderland; Israel.
Ons weet ook dat die Blankes in die hele Suidelike Afrika swaar kry. Ons weet dat die Christene uit Afrika oor die hele wereld bly. Nes die Jode.
Maar waar is hulle Hartland? God sal voorsien. God gaan voorsien. Daar gaan geweld en bloed vergieting wees, maar God gaan vir ons ‘n Hartland gee sonder oorlog. God gaan sy volk die bitter van oorlog spaar.
Aan die suid-punt van Afrika as die uithoek van die aarde sal daar ‘n volk ontstaan. ‘n Christen volk. “Hulle sal my volk wees en ek sal hulle God wees”
Siener van Rensburg 2021 voorspel: “My volk sal weer oor hulself regeer”
Tot in die noorde soos Angola en Zambia waar die volk reeds verdryf is. Tot in die suide sal Siener se volk weer in vrede en liefde kan woon. So voorspel Siener.
As Siener twee snye brood sien dan sien hy sy volk binne die twee republieke weer een word. Vandaar sal Siener se volk weer oor hulself regeer. Van uit die hoof gedeelte van die Hartland sal Siener se volk regeer maar ook sal die volk dan weer in vrede leef in die hele Suidelike Afrika.
God het nog altyd voorsien. Voor Bloedrivier. Deur en na die Anglo-Boere oorlog. Die grensoorlog van die manne in Bruin klere. God voorsien “ALTYD”
Lees meer oor die Hartland en wees deel van die Toekoms: Die Gelofte volk se Toekoms. Ook die manne in Bruin klere se Toekoms. https://hartland.website
Lees meer oor die Stigting: https://stigting.co.za