Skenkings, hoekom is dit nodig? Sien rekening detail onderaan.
Dit klink soms sleg maar sonder geld kan jy bykans niks doen. As ons egter uit baie mense ‘n klein bedraggie kan kry en dit saam voeg dan beteken dit baie meer.
Wat doen jy met dertig of honderd rand? Kan jy ‘n skool bou, vir mense in droogte bystand lewer? Kan jy skelms help verwyder uit die samelewing of “reverse apartheid” beveg. Wel saam met ons kan jy.
Stigting- uitstekende groei saam met ons gemeenskap.
Ons vat daardie paar rand wat jy kan bekostig as skenking en voeg dit saam met ander. ‘n Duisend skenkings maal dertig rand gee vir ons dertig duisend rand. So jou honderd rand wat nietig klink as skenking voeg ons by ander en gee vir ons honderd duisend. Dit klink beter, of hoe?
As ons dit maandeliks kan kry gee dit vir ons die krag om meer mense te help. Lees gerus meer oor wat ons doen en gebruik ons soek opsie aan die regterkant om ons wye werk na te volg.
Skenkings gaan vir wie?
Ek het al baie werk gedoen om te bepaal vir wie en wie nie om geld te gee. Jy seker ook al. Gee jy dit vir die arme op straat gaan koop hy ‘n bottel. Koop jy vir hom ‘n brood gaan verkoop hy die brood en koop gom om te snuif. Wreed maar dit is waar.
Ons gebruik die geld waarvoor jy dit gee. Jy spesifiseer vir wie en wat jy gee en ons doen net dit. Ons glo egter dat die beste manier om mense te help is met ontwikkeling soos werkgeleenthede.
Hier is maar net ‘n paar voorbeelde waarvoor mense gee:
- Skenkings vir Droogte
- Skenkings vir Plaasmoorde
- Skenkings vir Stigting en ontwikkeling
- Skenkings vir Ou mense
- Skenkings vir Christelike geloof
- Skenkings vir Sport en ontwikkeling in sport
- Dan spesifiseer mense soos, Gelofte volk, Blankes in Suidelike Afrika, Stryd teen BEE se rassisme, of soos jy verkies.
Dit gee ook vir ons ‘n aanduiding waarvoor mense graag ‘n bydrae wil lewer. Een daarvan is om voorsiening te maak vir oorsese mense wat graag eendag wil terugkom of mense wat graag hul kinders wil laat terugkom.
Ons mense wat oorsee is word ook spesiaal genooi om by te dra.
Jy kan dit op jou Internet of selfoon maandeliks laat oorbetaal aan:
ABSA transmissie rekening in Suid Afrika;
STIGTING Rek. No. 9179255773
Takkode: 632005
epos: admin@stigting.co.za
Verwysing: Jou naam en kortliks waarvoor. Byvoorbeeld: Deon Stigting of Koos droogte of soos jy graag wil.
Geen bedrag is te klein en ons vra maar om dit herhalend te maak. Besoek ons webwerwe ook gereeld vir opdaterings.
Om by die stigting aan te sluit gaan hier: Sluit aan by die stigting
Ons landbou webwerf en droogte toestande: Landbou en droogte
Ons produkte en gratis inligting oor sonkrag: Ons PRODUKTE
GEEN INLIGTING VAN ENIGE LEDE OF ONDERSTEUNERS WORD AAN NIEMAND GEGEE NIE.
Skryf aan ons by adminIstrasie@stigting.co.za