Dit was 16 Januarie 2012 dat ons besoekers die rekord breek met 745. Maar in 2013 word dit oortref met 1000%. Hoekom die SAAI Stigting? Waarna soek die Suid Afrikaners? Waar krap wie na wat? Ons gaan bietjie kyk wat is dit wat die ou Boere nasie na soek.
Wat ons gaan doen het, is om onder Google webmaster tools die besoekers te ontleed en ons het wonderlike nuus. Ons kan dit beskryf as die lewe na die Mandela era. Die eerste was dat Suid Afrikaners, swart, wit, bruin of gekleurd, Nelson as ‘n versoenbare mens beskryf het. Hy het mense bymekaar gebring en die land saam gesnoer onder een visie. WAT NOU?
Hierdie, wat nou? Is wat die mense wil weet. Ons het dieper gaan soek en gaan kyk wat is dit wat mense wil weet? Wat is dit wat hulle wil lees of hoor?
Wat nou vra mense?
Daar is twee rigtings. Die een is dat mense soek na die Suid Afrika waar moord gaan heers. Waar verwoesting, oorlog, en veral die uitroei van wit mense gaan plaasvind. Uhuru lyk soos die naam wat die duiwel uitgedink het. Ons goeie nuus is NEE, nee vir al die dinge soos genoem.
Dit sluit aan by die wonderlike nuwe Suid Afrika. Die Mandela versoening. Die toekoms onder Zuma en daarna. Wanneer kom die ekonomiese oplewing. Gaan ons ryk word en lekker lewe en sing, viva, Suid Afrika?
Die kort antwoord is, nee. Die land Suidelike Afrika gaan heeltemal her-verdeel word. Eers gaan Suid Afrika sneuwel op die terreine van werkskepping, kriminaliteit en korrupsie. Wit mense hoef nie so bang te wees dat hulle almal soos die wit Boere op die plase uitgemoor sal word nie. Hulle sal egter so besteel word dat hulle nie sal weet waar om te keer nie.
Ook moet mense nie hulle blind staar teen fisiese diefstal alleen nie. Jy moet die stroop van mense se mens-waardigheid en kultuur as erg beskou. Jou stemreg sal niks werd wees nie. Jy gaan sit sonder werk, sonder ‘n motor of kar. Jy sal nie meer jou huis kan bekostig nie. Jy sal nie meer jou privaat dokter kan bekostig en ook nie jou kind se skoolgeld kan betaal nie. Hoe ouer jy word hoe erger sal dit wees.
Jy gaan nie meer werkers kry nie. Die wat jy wel kan kry sal net geld soek of steel en sal nie dink aan jou of die werk se voorspoed nie. Die nuwe SA is dus nie net moord en doodslag op die plase nie maar ook verlies aan bestaansreg. Jy sal sien dat die staat na die Mandela era bestaan uit “Ek sorg net vir my broer en my broer sorg vir my.”
Wie is die werklike rassiste?
Daar is ‘n rassistiese teiken wat gerig is op die wit mense. Die wit mense soos Tutu reeds bevestig het wat nie by Mandela se graf toegelaat was nie. Tussen die regering en die mense op die grond is daar mense wat hul haat op wit mense wil toepas deur hulle te stroop van wat hul het. Is daar dan nog goeie nuus? Waar en wat is dit?
Die SAAI Stigting gaan die planne maak.
Ons sien die mense soek na sukses resepte. Hulle wil nie meer hoor van die onmenslikheid in Afrika nie. Hulle wil nie meer hoor van haat, bedrog, moord en dat wit mense net sleg is nie. Hulle soek na die land wat Mandela beloof het. Was dit dan net ‘n droom? Gaan die swart rassiste dit vir jou skenk?
Kom ons kyk na die goeie paaie wat wink. Die paaie na die ongekende voorspoed. Ons begin met die beeld dat wit mense skep nogsteeds meer as 80% van die werk in Suid Afrika. Die staat skep werk maar met wie se geld? Die meeste ekonomiese ontwikkeling word deur die VSA en Europa gedoen en is gesteld op erkenning van hul eie ekonomiese krag.
Die SAAI Stigting soos jy nou kan sien het net die toestande ge-analiseer maar vra ook wat is die pad na die ongekende voorspoed? As jy mooi kyk sal jy sien die SAAI Stigting het reeds die voorspellings van Siener van Rensburg ontleed. Nou stap ons die pad.
Die jaar 2013 was die maak van planne. 2014 begin die planne in dade ontvou. Die jaar 2014 is verkiesing waar die swart magte sal oorheers. Soos die tyd egter aanstap sal die swart magte meer en meer besef dat jy nie welvaart sonder die wit mense kan skep nie. Dit gaan jy egter eers sien gebeur oor ‘n tien jaar tydperk. Stadig maar seker.
Die SAAI Stigting stap vorentoe.
Dit is fyn trap maar stap vir stap die toekoms in. Een van die eerstes is ontwikkeling. So ook erkenning van sake gemeenskappe. Tans word munisipaliteite en plaaslike besture oorheers deur veral die werkloses. Die werkloses heers dus oor die sake gemeenskap. Wie gaan die werk skep die werkloses of die sake gemeenskap?
Die eerste stap is dus om die sake gemeenskap in sodanige beheer te plaas sodat ekonomiese ontwikkeling kan plaasvind. Daarna word stap 2 beplan waar die sake gemeenskap 50% seggenskap oor bestaande plaaslike besture kan kry. Die ander 50% sal bestaan uit die inwoners. Let op dat hier geen rassisme is maar bloot gesonde ontwikkeling.
So stap die SAAI Stigting vorentoe met effektiewe voedsel produksie en fabrieke wat sekere produkte plaaslik sal vervaardig. Gesteun deur die Europese Unie sal die ontwikkeling net vinniger vorder. Hoog in sekuriteit, mediese sorg en tegnologiese opleiding stap ons vorentoe.
Dit is waarna die ou Boere volkie soek. Dit is waarna die Afrikaners soek. Dit is die pad vorentoe. Saamstaan die toekoms in. Daar is geen ander keuse totdat die ongekende voorspoed ons tref. Die pad van vrede, sonder haat. Geen bomme, geen rasisme, net voerspoed in ontwikkeling.
Hou die SAAI Stigting fyn dop. Ons groei nie verniet teen meer as 1000%. Hou jouself op hoogte en as jy deel is van die Gelofte volk, sluit aan by die SAAI Stigting. Dis gratis.
Met die oog gerig op Jesus, vertrou ons op ons Drie enige God. Jou redding kom, jou geloof sal jou red, jou beloofde land is oppad.
Groetnis.
Jy kan ook meer hier lees: https://news.stigting.co.za
Of sluit hier gratis aan en word deel van die planne; https://affiliatebank.net/jem
Ek is deel van die Gelofte Volk en wil deel daaraan hê.
Ek wil help om ‘n plek voor te berei vir ons volk in nood.
Amanda,
Dankie vir joy kommentaar. Skryf aan ons by administrasie@stigting.co.za sodat ons kan kyk waarmee jy kan help.
Ek wil graag bydrae lewer in ekonomie se ontwikkeling aan ons eie mense
Dankie Monique,
Gaan na hierdie webwerf waar jy maandeliks kan bydra of jy kan eenmalige skenkings maak. Ons waardeer elkeen wat se ambisies so eerlik en opreg is soos joune.
HELP ONS OM JOU TE HELP
Hartland Maandeliks: https:affiliatebank.net
Of skenk aan: SAAI Stigting
ABSA spaarrekening nommer 9179255773
Groetnis
ADMIN