Sonkrag in Suid Afrika vanaf R300, oorkom beurtkrag

Sonkrag in Suid Afrika vanaf R300

Alternatiewe energie, groen energie, windkrag en sonkrag is almal name vir moderne gratis krag of alternatief vir ESKOM. Kom ons kyk wat dit behels en hoe kan jy baatvind daarby.

Die maklikste is ligte. Al wat jy nodig het is ‘n battery, omsetter en LED ligte. Die ligte is ook bekend as “drop down” ligte. Ons verkies egter die lantern tiepe wat ovaal en wit is. 3,5 watt en beskikbaar by elektriese winkels. Dit pas in bestaande inskroef of inprop tiepe ligte.

sonkrag ligled new

Die LED van 3 watt aan die regterkant het ek gekoop vir R15. Dit beteken dat LED reeds die goedkoopste ligte is en bloot sal vermeerder.

Die onsetter(inverter) is 120 watt of meer en is beskikbaar by meeste TV winkels. Kos so tussen R150 tot R200. Jy knyp die plus(rooi) en minus klampies op jou battery soos jou motor se battery. Prop jou driepunt prop(plug) van ‘n bedlamp of staanlamp by die omsetter in en jou ligte brand.

Koste is so R100 per LED lig en omsetter minder as R200. Dus teen R300 kan jy ligte in jou huis kry as ESKOM sou faal. Gebruik ‘n verlengings koord(extension cable) en jou TV of radio werk ook. Maklik. (Slegs gewone TV of LED TV kan op die klein omsetters gebruik word.)

 

Herlaai van battery met sonkrag.

As jy jou motor se battery gebruik kan jy bloot jou motor laat loop en die battery sal laai. Wees egter versigtig om nie te veel TV te kyk want dit kan jou motor se battery so pap maak dat die motor nie weer aan die gang wil kom nie. Een of twee van die LED ligte kan egter maklik sewe ure brand sonder om jou battery pap te maak.

As alternatief kan jy natuurlik ‘n afsonderlike battery met die sonkrag laai. Gebruik jou karavaan of boot se battery of koop ‘n ekstra battery van so 100 ampuur. Ons gebruik ‘n 25 watt sonpaneel wat jy kan opkoppel wat die battery vol sal laai deur die dag en vol sal hou vir die dag wat jy die krag benodig. Jy koppel net plus by plus op en negatief by die negatief van die battery en siedaar. So sonkrag paneel kos so tussen R200 tot R300. (In 2015) Skakel jou omsetter af wanneer nie in gebruik nie.

So maklik en jy het alternatiewe energie, sonkrag sodat die kinders kan leer as ESKOM af is en ma kan darem haar sepie kyk. Jy kan radio RSG luister en kos maak op ‘n klein gas stofie. Lekker koffie drink!!

Om jou huis oor te skakel na sonkrag, son-geysers en hoe om water te pomp gaan kyk hier, vir meer inligting: https://affiliatebank.net/jem

Groetnis

SAAI Stigting

2 Antwoorde op “Sonkrag in Suid Afrika vanaf R300, oorkom beurtkrag”

  1. Daar is meer krag nodig vir yskaste en water pomp, wasmasjien wat moet werk,, hoe beplan julle om te leef vir 6 of 12 maande as daar nie krag is nie. Ons het weer n Volkskasbank nodig wat ons kan help met rente koerse van 2.9 % dan kan ons ontwikkel en groei. Nog al die jare spyker ons regering ons met rente wat te duur is dit moet stop.

  2. Dankie vir jou kommentaar. Sonkrag is baie lonend teenoor ESKOM en ons verwag dat ESKOM tariewe elke 4 jaar verdubbel soos in die verlede. Jy kan klein begin en dan verbeter. Daarvoor het ons ‘n lede program om mense te verduidelik hoe om dit te doen. Gratis. Gaan kyk hier en sluit aan:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui